Ek sukkel al jare lank om ‘n sinvolle, samehangende en, vir ander, vermaaklike weergawe te gee van ‘n lewe wat, bes moontlik vir ander nie belangrik genoeg is om van notisie te neem nie, maar wat vir die individu wat dit beleef het, sy hele bestaan bevat.
Natuurlik praat ek van myself, die uwe, Piet Minnaar, wat vir jou, op ‘n reis saam met my wil neem, enersyds omdat ek glo dat elke lewe so lank as moontlik onthou moet word, deur kinders en kindskinders tot in die derde en vierde geslag, en verder, as dit enigsins kan. Daarom is dit vir my belangrik om van my eie ouers te praat met my kinders en my kleinkinders, en om vir hulle die paar karige vergeelde fototjies van Oupa Vemmer en Ouma Ragel te wys, selfs al stel hulle nie regtig daarin belang nie. Danksy die digitale era kan mens nou selfs die fototjies op so ‘n manier aanbied dat hulle dalk sal wil om dit deel van hul persoonlike kleinodes te maak. Hopelik word ek ook op hierdie manier onthou!
Die titel van hierdie werk is ontleen uit ‘n Youtube-preek van die Amerikaanse Pastoor en gewilde prediker en motiveringsspreker van die vroeë 2000’s tot middel 2020’s, Pastoor Louie Giglio. Hy het op ‘n keer sy toehoorders op ‘n reis in die buitenste ruimte ingeneem met sy poging om die grootheid van God, vis a’ vis die nietigheid van die mensdom te illustreer.







Roslyn –
Goeie leesstof.